Dear diary I am going to give up my space once more to the old lady. Did I ever mention to you that she is actually a “boere meisie from the Waterberge”……Nylstroom....... before but I believe in your human world a lot of name changes are taking place and I think it is now called Mole Mole……that sounds very much like “good morning” to me …..mmm, strange creatures you human beings.Over to the “boere meisie”…….she wants to go down “memory lane”…..in her “mother tongue”….whatever that means! Waar gaan my gedagtes heen vandag – na my kinderdae op ‘n wonderlike plek Nylstroom waar my karakter werklik gevorm was. Nooit sal vandag se jongmense die voorreg he of die waardes van kindwees in die ongerepte natuur waar jy skool toe gegaan het sonder skoene- die wat groot word in ‘n “beton oerwoud”. Alles was altyd in gelid! In die koshuis sale, in gelid. In die skool gange in gelid! Op pad skool toe in gelid, maar die lekkerste was om uit daai gelid te glip en daai doring boom wat jy nou al twee weke dop gehou het en wat intussen sy gom afgegooi het soos ‘n staligmiet en die lekkerste om hom af te breek amper soos ‘n “creamy toffee”. Hoe water my mond nou as ek terug dink aan die vrug van die aarde! Die moepels, die mispels, die klappers - die grootte van ‘n “gem squash” en jy eet dit alles totdat jy by die pit uitkom. Die pitte word vir weke uitgedroog en daar het jy die heerlikste “neute” wat baie lekkerder is as die in die winkel! Hoe het jy uitgesien na Vrydae middae na skool om jou 50c sakgeld te kry en die dorp in te vaar en ‘n hele groot pak suiker te koop! Daarmee word die heerlikste tammeletjie gemaak wat jy in ‘n konfytblik op ‘n oop vuur maak. Jy rol, jy spoeg (met permissie gese), dit val in die sand maar aan die einde van die dag het jy jou hele week se lekkergoed. Soms maak jy ‘n baie grote wat onder die kopkussing weg gesteek word en elke aand kry jy ‘n lekkie wat jou in droomland sit en jou laat uitsien na more aand! My kinders het altyd gese "ma dis depressing".......as hulle maar net dit kon beleef wat ek as kind so vertroetel het! As ons tog net weer vir ‘n kort tydjie in vandag se lewe daardie kindwees dae kan terug kry, sonder die misdaad van vandag, die swaarkry van die minder gegoedes, die korrupsie in die land en die blootstelling wat vandag se kinders het aan dwelm middels, dan kan ons net beter mense uitdraai, want ek het! Sonder skoene, sonder baie sakgeld, eintlik net ‘n nommer op skool maar onderhewig aan goeie disipline en standvastigheid en dit het my ‘n goeie mens gemaak. Mag daar nog jongmense wees wat daai voorreg het wat ek gehad het om na aan die natuur te kon lewe want hoe verskriklik mis ek dit nou in die “beton oerwoud” wat ek nou leef!
Have your say